Genoeg vir 4 mense

8 hoenderboudjies

8-10 baba-aartappels, gehalveer

sout en vars gemaalde swartpeper  125 ml (½ k) heuning-en-mosterd-slaaisous

15 ml (1 e) olyfolie

1.    Verhit die oond tot 180 °C.

2.    Pak die hoenderboudjies en aartappels in ’n oondbak en geur met die sout en peper.

3.    Druip die heuning-en-mosterd-slaaisous en die olyfolie oor die hoenderboudjies en aartappels. Maak seker dat elke porsie hoender goed bedek is. Bak die hoender 30-35 minute in die oond of tot gaar.

4.    Sit warm voor.

Deur Esther Malan en Bernice van der Merwe

Foto’s: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter.