SOUS

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

20 ml (4 t) suiker

sout en peper

HOENDER

4-6 hoenderfilette

60-80 g mozzarella, in skywe gesny

AARTAPPELS

12-16 baba-aartappels,

gekook

15 ml (1 e) botter

handvol basilie

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Sous Verhit alles saam; geur met die sout en peper.
  2. Hoender Geur die hoender met die sout en peper; pak in ’n bak.
  3. Giet die sous oor en pak die mozzarella op.
  4. Oondbak 30-45 minute tot gaar.
  5. Aartappels Druk alles buiten die basilie fyn, geur met die sout en peper en sit voor saam met die hoender.
  6. Sprinkel die basilie oor.