Bedien 4-6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

250 g broccoli

15 ml (1 e) olyfolie

250 g sampioene, gehalveer

sout en vars gemaalde swartpeper

6 gaar hoenderborsies, in stukke gesny

SOUS

1 blik (415 g) sampioenroomsop

125 ml (½ k) mayonnaise

15 ml (1 e) kerriepoeier

sout en vars gemaalde swartpeper

125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Stoom die broccoli tot net gaar en hou eenkant.
  2. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die sampioene tot gaar. Geur met die sout en peper. Verwyder die pan van die hitte en roer die broccoli, sampioene en hoender bymekaar.
  3. SOUS Meng die sampioensop, mayonnaise en kerriepoeier. Geur met sout en peper.
  4. Sit die hoendermengsel in ’n groot oondbak en giet die sous oor.
  5. Sprinkel die kaas oor en bak 15-20 min. tot goudbruin en gaar.

Resep uit Huisgenoot Grootste Treffers