Genoeg vir 4—6 mense

500 g botterskorsie, in stukke gesny

2 rooi uie, in kwart gesny

1 ml (1/4 t) fyn kaneel

1 ml (1/4 t) komynsaad

Sout en varsmgemaalde swartpeper

30 ml (2 e) olyfolie

8 hoenderboudjies

50 g (1 pakkie) Butter Chicken paste

1 klein blikkie (165 ml) klapperroom of klappermelk

125 ml (1/2 k) spinasie, gesnipper

Basmatierys

Voorverhit die oond tot 200 °C en pak die botterskorsie en rooi ui in ‘n gesmeerde oondbak.

Geur met kaneel, komynsaad, sout en peper.

Sprinkel helfte van die olie bo-oor die groente en bak vir 10 minute in die voorverhitte oond.

Verhit intussen die res van die olie en braai die hoenderboudjies tot goudbruin en roer die Butter Chicken paste, klappermelk of room by.

Skep die gebraaide hoenderboudjies en klappermelk by die groente en bedek met foelie.

Bak vir 30 minute of totdat die hoender gaar is.

Sprinkel die vars spinasie bo-oor en sit voor saam met basmatierys.