• 4 hoenderborsies
  • sout en peper
  • 15 ml (1 e) olie
  • 2 uie, in kwarte gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 500 ml (2 k) hoenderaftreksel
  • 10 ml (2 t) hoenderspeserye
  • 30 ml (2 e) sago
  • 250 g sampioene, gesny
  • 4 snye geroosterde rogbrood
  1. Geur die hoender met die sout en peper. Braai in die olie bruin. Hou eenkant.
  2. Braai die uie en knoffel in dieselfde pot. Voeg die hoender, aftreksel, speserye en sago by. Laat prut 30 minute.
  3. Verwyder die bene en vel. Voeg die sampioene by. Laat prut tot gaar.
  4. Geur met sout en peper. Sit voor met die brood.