GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

4 hoenderborsfilette

sout en vars gemaalde peper

2 wiele fetakaas, gekrummel

45 ml (3 e) sonneblomsaad, gerooster

15 ml (1 e) olyfolie

KOOL

¾ kopkool, in dun skywe gesny

30 ml (2 e) olyfolie

skil van 1 suurlemoen

en 45 ml (3 e) sap

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Kap die hoenderborsies platter met die palm van jou hand. Pak op die bereide bakplaat en geur met die sout en vars gemaalde peper.
  2. Meng die fetakaas en sonneblomsaad en versprei oor die hoender. Sprinkel die olyfolie oor. Bak 15-20 min. of tot gaar.
  3. Kool Pak die kool op ’n ander bakplaat. Sprinkel die olyfolie, suurlemoenskil, -sap en knoffel oor die kool. Geur met sout en vars gemaalde peper.
  4. Verhoog die oond se temperatuur tot 230 °C. Rooster die kool 15 min. in die oond of tot die kante van die kool begin skroei. Sit voor saam met die hoender, geroosterde tamaties en suurlemoenwiggies.