Lewer: 6  

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

30 ml (2 T) olie

1, 5 kg hoenderporsies

1 ui, gekap

3 preie, gekap

15 ml (1 T) paprika

4 knoffelhuisies, gekap

410 g (1 blik) heel pruimtamaties

3 takkies tiemie

2 lourierblare

5 aartappels, in blokkies gesny

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

Handvol pietersielie, gekap

Sout en peper

1.    Verhit die olie in ’n kastrol oor mediumhitte, voeg die hoenderstukke by wanneer die olie warm is en verbruin aan weerskante.

2.    Voeg uie, prei en paprika by en kook vir 10 minute oor lae mediumhitte met die deksel op.

3.    Roer die knoffel, tamatie, tiemie, lourierblare, aartappel en aftreksel by, geur met sout en peper en laat prut vir 15 minute of tot die aartappel sag is. Strooi pietersielie bo-oor.

- Hope Malau