Genoeg vir 4

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 10 min.

DUKKAH

100 g macadamia-neute, gerooster en gekap

15 ml (1 e) koljandersaad, gerooster

15 ml (1 e) komynsaad, gerooster

10 ml (2 t) brandrissievlokkies

15 ml (1 e) paprika

HOENDER

6 hoenderborsies, in skywe gesny

1 eier

750 ml (3 k) gewone jogurt

160 ml (2/3 k) olie

’n hand vol vars grasuie, gekap

4 sprietuie, gekap

’n hand vol vars pietersielie, gekap

sap van 1 suurlemoen

sout en peper

  1. Dukkah Meng al die bestanddele in ’n bak en sit eenkant.
  2. Hoender Plaas die hoenderrepe, eier en 500 ml (2 k) jogurt in ’n bak. Roer tot gemeng, bedek en laat 30 min. marineer.
  3. Verhit die olie in ’n groot kastrol en bestuif die repe in die dukkah. Laat sak in in die warm olie en braai tot deurgaar en goudkleurig. Haal uit die olie en dreineer op papierhanddoek.
  4. Gooi die orige jogurt, grasuie, sprietuie, pietersielie en suurlemoensap in ’n bak en roer met ’n vurk tot deeglik gemeng. Geur na smaak.
  5. Sit die bros hoender warm of koud voor met die uie-jogurt-doopsous.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan