4 skywe ham

4 skywe mozzarellakaas

4 hoenderborsies, effens platter gekap

sout en peper

125 ml (½ k) koekmeel

2 eiers, geklits

250 ml (1 k) broodkrummels

olie

  1. Pak ’n skyf ham en kaas op elke hoenderborsie, rol op met die hoender buite en steek met peuselstokkies vas.
  2. Geur die hoender met sout en peper.
  3. Rol in die meel, doop in die eier en druk in die broodkrummels. Verkoel 30 minute.
  4. Braai in verhitte vlak olie tot goudbruin en gaar.
  5. Dreineer op kombuispapier en sny in skywe. Sit met oondgebakte aartappelskywe voor.