30 ml (2 e) oestersous

10 ml (2 t) sojasous

10 ml (2 t) mielieblom

4-6 hoenderfilette, in repe gesny

15 ml (1 e) sesamolie

6 sprietuie, gekap

250 g sampioene, gekap

250 ml (1 k) aftreksel

250 g Chinese noedels, gekook

100 g boontjiespruite

  1. Meng die oestersous, sojasous en mielieblom. Marineer die hoender 15 minute daarin.
  2. Verhit die sesamolie en roerbraai die sprietuie en sampioene ’n paar minute.
  3. Voeg die hoender en marinade by en roerbraai effens.
  4. Giet die aftreksel by en laat prut tot gaar. 5 Meng die noedels en spruite by en laat 5 minute prut.
  5. Rond af met basilieblare.