Genoeg vir 4 (4 happies elk)

Bereiding: 20 min.

Marineer: 1 uur

Gaarmaak: 20 min.

HOENDER

200 ml karringmelk

10 ml (2 t) worcestersous

1 knoffelhuisie, fyngedruk

5 ml (1 t) sojasous

300 g hoenderborsfilette, in groterige stukke gesny

koekmeel gegeur met 1 ml (¼ t)

paprika en sout na smaak

1 eier, effens geklits

droë broodkrummels en sesamsade gemeng

olie vir oorsprinkel

AVO-DOOPSOUS

1 avokado, fyngemaak

2 gekapte sprietuie

1 gekapte tamatie

15 ml (1 e) suurlemoensap

sout en peper na smaak

HEUNING-MOSTERD-DOOPSOUS

125 ml (½ k) roomkaas

10 ml (2 t) heuning

15 ml (1 e) Dijonmosterd

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Hoender Meng die karringmelk, worcestersous, knoffel en sojasous. Giet oor die hoenderporsies en laat 1 uur marineer.
  2. Skep die gegeurde koekmeel, geklitste eier en broodkrummelmengsel in afsonderlike borde.
  3. Rol die hoenderrepies eers in koekmeel, dan eier en dan die krummelmengsel.
  4. Pak in ’n enkellaag op ’n gesmeerde bakplaat, sprinkel met ’n bietjie olie en bak sowat 15 min. of tot bruin van bo. Draai om en bak tot gaar, nog sowat 5 min.
  5. Souse Meng die avokado, uie en tamatie. Voeg suurlemoensap by en geur met die sout en peper.
  6. Meng die roomkaas met heuning en mosterd.