Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min

Gaarmaak: 20 min

SOUS

125 ml (½ k) mayonnaise

250 ml (1 k) Griekse of

natuurlike jogurt

15 ml (1 e) kerriepoeier

sout en peper

PASTEI

750 ml (3 k) gaar rys (250 ml rou)

4-6 hoenderborsfilette of 1 heel hoender, gaar en gepluis

400 g broccoli, gestoom

250 g filodeeg

30 ml (2 e) botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Sous Meng al die bestanddele en geur met die sout en peper.
  2. Pastei Pak die helfte van die rys, hoender en broccoli in lae in ’n oondbak. Skep die helfte van die sous oor, herhaal die lae en eindig met die sous.
  3. Breek die filodeeg in stukke en frommel op.
  4. Pak die deeg styf teen mekaar op die vulsel. Verf liggies met die botter en bak 20 min. tot deurwarm en tot die filodeeg bros is.