Genoeg vir 6-8 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

8 hoenderstukke

30 ml (2 e) kerriepasta

15 ml (1 e) olie

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

4 sprietuie, gekap

60 ml (¼ k) tamatiepuree

15 ml (1 e) paprika

500 ml (2 k) rys, gekook

1    Verhit die oond tot 200 °C.

2    Sny met ’n skerp mes splete in die hoendervleis. Vryf die kerriepasta oor die hoender en by die splete in. Verplaas na ’n bakplaat en bak 20 minute. Verhoog die hitte tot 220 °C en bak nog 10 minute of tot die vel bros is.

3    Verhit die olie in ’n pan en soteer die soetrissie en sprietuie 3 minute. Voeg die tamatiepuree en paprika by en kook nog 3 minute. Gooi die rys by en roer tot goed bedek. Sit die hoender op die rys voor.

- Hope Malau