Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15 min.

½ rooi ui (gekap)

2 knoffelhuisies, gekap

250 ml (1 k) tamatiesous

80 ml (1/3 k) Worcestersous

125 ml (½ k) appelasyn

125 ml (½ k) donker bruinsuiker

120 ml (2 t) brandrissiepoeier

5 ml (1 t) gerookte paprika

2,5 ml (½ t) fyn mosterd

sout en peper

4 hoenderborsies, in skywe gesny

30 ml (2 e) olie

  1. Braai die ui in ’n pan oor matige hitte tot sag. Voeg die knoffel, souse, speserye, appelasyn, suiker en sout en peper by. Verlaag die hitte tot laag en laat prut terwyl jy roer tot verdik.
  2. Verhit ’n roosterpan oor matige hitte. Ryg die hoenderstukke aan sosatiepenne. Bedek met olie en geur met sout en peper.
  3. Wanneer die pan warm is, sit die hoender in en braai tot roostermerke verskyn. Draai om en braai tot oraloor geskroei.
  4. Verf die sosaties met sous en hou aan braai tot dit goed bedek en klewerig is. Hou aan met die res van die sosaties.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller