Genoeg vir 4-6

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 30 min.

8 hoenderboudjies

15 ml (1 e) paprika

15 ml (1 e) fyn komyn

4 knoffelhuisies

15 ml (1 e) olie

Slaai

250 ml (1 k) koeskoes

200 g blik mieliepitte, gedreineer

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

2 sprietuie, in dun skywe gesny

sap van ½ suurlemoen

sout en peper, na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Plaas die hoender in ’n groot roosterpan en strooi die speserye oor. Maak die knoffel fyn terwyl jy die skille aan los en voeg dit in die pan.
  2. Bedruip met die olie en geur met sout en peper na smaak. Rooster die hoender 30 min. of tot dit effens gebrand en deurgaar is.
  3. Slaai: Plaas die koeskoes in ’n groot bak, gooi 500 ml (2 k) kookwater oor, bedek met kleefplastiek en sit 3 min. eenkant of tot al die water geabsorbeer het. Vlok die koeskoes met ’n vurk en voeg die mieliepitte en blokkies soetrissie in die bak. Voeg die sprietuie en suurlemoensap by. Geur met sout en peper na smaak.
  4. Sit die koeskoesslaai voor saam met die hoender.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller