Genoeg vir 6

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

40 g botter

60 ml (¼ k) seesoutvlokkies

hand vol tiemietakkies

15 ml (1 t) roosmarynblare

15 ml (1 t) fyngerasperde suurlemoenskil

6 hoenderstukke

BROODSOUS

500 ml (2 k) melk

1 ui, in kwarte gesny

4 knoffelhuisie, geskil

5 sny korslose witbrood, in stukkies gebreek

60 g (¼ k) crème fraîche

seesout en gekraakte swartpeper

1    Voorverhit die oond tot 180 °C.

2    Verwerk die botter, sout, tiemie, roosmaryn en suurlemoenskil in ’n voedselverwerker tot goed gemeng. Plaas hoender op bakplaat en vryf die gegeurde botter daarin.

3    Rooster sowat 35 minute of tot die hoender sag is.

4    Broodsous: Laat die melk, ui en knoffel sowat 20-25 minute saggies oor matige hitte in ’n kastrol kook of tot die ui sag is.  Verwyder die ui en knoffel en voeg die brood by die melk. Kook nog 10 minute of tot die brood sag en die sous dik is.

5    Meng die sous, crème fraîche, sout en peper in ’n voedselverwerker tot ’n gladde mengsel. Sit voor saam met die hoender.