250 g knopiesampioene

olie

8 hoenderboutjies en -dytjies

sonder vel

sout en swartpeper

500 ml (2 k) Griekse jogurt

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

15 ml (1 e) masala of geroosterde kerriepoeier

250 g skulpnoedels

45 ml (3 e) gekapte koljanderblare poppadoms vir voorsit

  1. Braai die sampioene in olie tot bruin. Skep uit.
  2. Geur die hoender met die sout en swartpeper en braai effens.
  3. Meng die jogurt, hoenderaftreksel en masala of kerriepoeier en voeg by.
  4. Bring tot kookpunt en laat prut tot die hoender byna sag is.
  5. Voeg die noedels by en laat prut tot sag. Sprinkel die koljanderblare oor.
  6. Laat pof die poppadoms in die oond uit en sit dit saam met die potjie voor.