Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Verkoel: 1 uur

Gaarmaak: 20 min.

125 ml (½ k) Griekse jogurt

3 knoffelhuisies, fyngedruk

4 cm gemmer, gerasper

10 ml (2 t) fyn komyn

10 ml (2 t) fyn koljander

5 ml (1 t) masala

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

6 hoenderborsies, in skywe gesny

15 ml (1 e) olie

20 g botter

1 ui, in skywe gesny

1 blik (410 g) tamatiepuree

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

rys en vars koljander vir voorsit

  1. Meng die jogurt, knoffel, gemmer, komyn, koljander, masala en brandrissiepoeier in ’n nie-metaalbak. Voeg die hoender by en meng om te bedek. Verkoel 1 uur.
  2. Verhit die olie en botter in ’n pan oor matige hitte. Voeg die ui by en roerbraai 3 minute of tot sag.
  3. Voeg die hoendermengsel by en kook 5 minute. Voeg die tamatiepuree en aftreksel by, bedek en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut terwyl jy roer 10 minute of tot die sous verdik het.
  4. Sit voor met rys en vars koljander.