Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30-40 minute

8 hoenderporsies

sout en vars gemaalde swartpeper

250 ml (1 k) blatjang

250 ml (1 k) mayonnaise

1 pakkie (60 g) wituiesop

5 ml (1 t) Tabasco-sous

  1. Geur die hoender met sout en peper.
  2. Meng die res van die bestanddele en bedek die hoenderporsies daarmee.
  3. Braai die hoender sowat 30-40 minute op matige kole tot goudbruin en gaar. Verf dit deurentyd
  4. met die marinade.