Genoeg vir 4-6 MENSE

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 90 minute

1 heel hoender, verkieslik vrylopend

2-3 ml (½ t) sout

30 ml (2 e) olyfolie 45 ml (3 e) vars gekapte kruie soos pietersielie, origanum en tiemie 45 ml (3 e) hoenderspeserye 1 blik (370 ml) bier van jou keuse sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

  1. Verwyder alle sigbare vet en vere van die hoender en geur die binnekant van die hoender met sout.
  2. Vryf die buitekant met olyfolie die vars kruie en hoenderspeserye in.
  3. Neem twee of drie slukkies bier en druk die blikkie met die res van die bier in, in die maagopening van die hoender.
  4. Maak die hoender staan in ’n swartpot of ketelbraaier en bedek met foelie.
  5. Braai die hoender sowat 90 minute op matige kole of tot gaar.