Minder as 1 uur Bedien:  6 Hoof bestanddeel: 

Hoender

Bestanddele

Hoof bestanddele

12 skrophoender hoenderstukke

1 knippie sout en gemaalde peper

Baksous

2 knoffelhuisies, fyngekap

2 eetlepels PnP tamatiesous 2 eetlepels peri-peri sous 125 ml PnP blatjang 1 eetlepel Worcestershire sous 60 ml appel- of lemoensap Metode

Voorverhit die oond tot 180°C.

Sny drie diep snye in die dikste deel van elk van die hoenderstukke (dit help dat die hoender vinniger gaar word en die geur versprei).

Gooi sout en peper oor die hoenderstukke en bak vir 25 minute of mikrogolf op hoog vir 10 – 15 minute, of totdat dit net gaar is.

Verwyder die hoender en dreineer die vloeistof.

Meng die baksous bestanddele saam en gooi dit oor die hoender.

Braai die hoender oor medium kole, draai gereeld en smeer met baksous totdat die hoender verbruin het.

Laat vir 5 minute rus voor dit bedien word.

KLIK HIER vir meer resepte van PicknPay.