Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 50 minute

Genoeg vir 4-6 mense

SOUS

45 ml (3 e) tamatiesous

30 ml (2 e) Worcestersous

30 ml (2 e) blatjang

15 ml (1 e) sout

2,5 ml (½ t) gemaalde peper

250 ml (1 k) witwyn

HOENDER

45 ml (3 e) olyfolie

3 uie, in skywe gesny

1 groot hoender, in stukke gesny /6 gemengde hoenderporsies

60 ml (¼ k) sago

500 g langsteel-broccoli

250 g sampioene, in skywe gesny

250 g spekvleisrepe

Voorverhit die oond tot 180°C.

1.    Sous Meng al die bestanddele vir die sous saam en sit eenkant.

2.    Hoender Verhit die olie in ’n pan, verbruin die uie en sit eenkant.

3.    Pak eers die hoender hoender en dan die ui, sago, broccoli en sampioene in lae in ’n oondvaste bak.

4.    Pak die repe spekvleis styf teen mekaar oor die sampioene. Giet die sous oor en bedek met foelie. Bak Cook vir 50 minute in die oond. Sit voor saam met pasta of rys.