Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

60 ml (¼ k) olyfolie

60 ml (¼ k) suurlemoensap

1 heel hoender, in porsies gesny

sout en peper

50 g botter

8 spekrepe, in stukkies gesny

4 snye witbrood, korsies verwyder en in stukke gebreek

60 ml (¼ k) appelkooskonfyt of kweperjellie

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Meng die olyfolie en 30 ml (2 e) van die suurlemoensap, vryf die hoenderporsies daarmee in en geur met sout en peper.
  2. Smelt die botter in ’n pan en braai die hoender goudbruin. Plaas dit in ’n oondbak en bak 25-30 minute of tot gaar.
  3. Braai die spek in dieselfde pan tot gaar, voeg die brood by en braai tot die spek en brood bros is.
  4. Meng die konfyt en oorblywende suurlemoensap met die spekmengsel en giet oor die hoender. Sit voor met gekookte aartappels en ’n slaai.