Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 35 min.

olyfolie, vir verbruin

8 hoenderdye

1 blik (400 g) appelkooshelftes

Glasuursel

200 ml appelkooskonfyt

15 ml (1 e) sojasous

skil en sap van 1 suurlemoen

’n knippie brandrissievlokkies

sout en peper na smaak

’n hand vol pietersielie, gekap

30 ml (2 e) water

  1. Verhit ’n groot, diep braaipan oor matige hitte. Voeg ’n skeut of twee olie by en verbruin die hoenderstukke tot die vel bros en goudkleurig is.
  2. Glasuursel: Meng al die bestanddele vir die glasuursel.
  3. Wanneer die hoender goudbruin en amper deurgaar is, voeg die glasuursel by. Laat die glasuursel prut terwyl jy die hoender gereeld bedruip tot die vloeistof verminder het en die hoender deurgaar is.
  4. Roer die appelkose in en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander