1 heel hoender, borsbeen verwyder en platter gedruk

sout en peper

SOUS

125 ml (½ k) appelkooskonfyt

125 ml (½ k) mayonnaise

2 knoffelhuisies, fyngedruk

AARTAPPELTJIES

12 baba-aartappels, geskil

45 ml (3 e) vars pietersielie, grof gekap

15 ml (1 e) botter

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Geur die hoender met die sout en peper.
  2. Plaas op ’n draadrakkie op ’n bakplaat.
  3. Sous Meng alles en smeer oor die hoender. Oondbraai 45 minute. Verhoog die oondtemperatuur tot 230 °C en oondbraai tot goudbruin en gaar. Sny die hoender in porsies.
  4. Aartappeltjies Kook die aartappeltjies tot sag, dreineer, meng die res van die bestanddele by en geur met die sout en peper.
  5. Sit voor saam met die hoender