Genoeg vir 4

10 ml (2 t) olyfolie

4 (sowat 120 g elk) hoenderborsies sonder vel of been

20 ml (4 t) bruinuiesop-poeier

1 ui, in dun wiggies gesny

20 droë appelkose, gesnipper

250 ml (1 k) appelkoossap

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verhit die olie in ’n oondvaste pan of kastrol.

Bestuif elke hoenderborsie liggies met die uiesoppoeier en verbruin in die olyfolie.

Skep uit en hou eenkant.

Braai die ui in dieselfde pan tot sag.

Plaas die hoender terug in die pan en voeg die appelkose en appelkoossap by.

Verhit tot kookpunt en bedek.

Plaas die pan in die oond en bak sowat 30 minute tot gaar.

Sit elke porsie voor met ’n halwe skorsie wat met ertjies gevul is.

Volg Huisgenoot op Twitter.