GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Marineer: 45 min.

Gaarmaak: 45 min.

PEKELMENGSEL

60 ml (¼ k) fyn sout

100 ml bruinsuiker

1 knoffelhuisie, gekneus

250 ml (1 k) water

500 ml (2 k) yswater

HOENDER

4-6 hoenderporsies

250 ml (1 k) karringmelk

olie vir diepvetbraai

MEELMENGSEL

500 ml (2 k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

5 ml (1 t) sout

10 ml (2 t) paprika

10 ml (2 t) knoffelpoeier

Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.

  1. Pekelmengsel Verhit al die bestanddele saam met die water in ’n kastrolletjie tot die suiker opgelos is. Giet in ’n marineerbak en giet die yswater by.
  2. Hoender Plaas die hoender in die marineerbak en laat 45 min. marineer. Haal die hoender uit die pekelmengsel en giet die karringmelk oor.
  3. Meelmengsel Meng al die bestanddele goed en doop die hoender een vir een in die mengsel.
  4. Braai die hoender in sarsies in verhitte olie tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Pak op die bereide draadrakkie en rooster 35-40 min. of tot gaar.
  5. Sit die hoender voor saam met soet brandrissiesous.