Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Verkoel: 30 min.

Gaarmaak: 40 min.

4 groot aartappels

30 ml (2 e) olyfolie

sout en vars gemaalde

peper

TAMATIEBLATJANG

2 uie, grof gekap

2 knoffelhuisies, gekap

45 ml (3 e) olie

50 g tamatiepasta

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

60 ml (¼ k) bruinsuiker

HOENDERSKYWE

500 g hoenderborsfilette

1 rooi-ui, gekap

1 knoffelhuisie, fyngedruk

10 g pietersielie

skil van 1 suurlemoen

en 5 ml (1 t) sap

2 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) vars gemaalde peper

1 eier

30 ml (2 e) olie

VIR VOORSIT

50 g slaaiblare

4 velle cheddarkaas

2 tamaties, in skywe gesny

4 agurkies, in lang repe gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Sny die aartappels in skywe van 2 cm dik en pak op ’n bakplaat. Smeer albei kante met die olie en geur met die sout en peper.
  2. Oondbraai 35-40 min. of tot goudbruin en gaar.
  3. Tamatieblatjang Braai die uie en knoffel stadig in verhitte olie tot gekaramelliseer.
  4. Voeg die res van die bestanddele by en laat stadig prut tot effens dikker. Geur met die sout en peper.
  5. Hoenderskywe Pols al die bestanddele saam fyn in ’n voedselverwerker en verkoel minstens 30 min. Verhit die olie in ’n kleefvrye pan, skep hopies van die mengsel in die pan en druk ’n bietjie platter. Braai tot goudbruin aan albei kante.
  6. Pak op ’n bakplaat en oondbraai nog 5-8 min. in die oond tot gaar.
  7. Vir voorsit Pak ’n paar slaaiblare op die helfte van die aartappelskywe, gevolg deur ’n hoenderskyf, ’n vel kaas, ’n skeppie blatjang, tamatieskywe en ’n paar skyfies agurkies; pak nog ’n aartappelskyf bo-op. Steek met ’n stokkie vas en herhaal met die res van die bestanddele.