Trek die vel af, dan is dit ook een van jou goedkoopste keuses as dit by gesond eet kom

BEDEK HOENDER DADELIK OM DIT TEEN BAKTERIEË TE BESKERM 

Werd om te weet

  1. Wees veilig met hoender Hoender is hoogs bederfbaar en moet daarom met sorg hanteer word. Bakterieë benodig ’n sekere grad van hitte om te vermeerder. Temperature tussen 8 en 75 °C is die gevaarsone. Keer bederf deur kos so vinnig as kan buite hierdie gevaarsone te kry hetsy deur dit te verhit of bo 75 °C warm te hou, of so vining as moontlik te laat afkoel en dan in die yskas te plaas.
  2. Yskasmaniere Moenie warm kos in die yskas plaas nie – dit maak al die ander kos daarin meer vatbaar vir bakteriese bederf. Bêre rou vleis op die onderste rak van die yskas en gaar kos op die boonste rakke sodat rou kos nie op gaar kosse kan drup nie.
  3. Gebruik apart Moenie dieselfde kapbord en mes gebruik waarop hoender gesny is om agterna slaai op fyn te kerf nie. Die slaai kan besmet word met die bakterieë van die rou hoender. Skrop kapplanke en messe in warm seepwater om ontslae te raak van kieme. Was jou hande. (Party restaurante het kleurgekodeerde kapplanke vir rou en gaar kos.)
  4. Rou en gaar Moenie gebraaide hoender met dieselfde tang waarmee jy dit uit die marinade gehaal het, van die kole afhaal nie. En moet dit ook nie in dieselfde bak sit as waarin die rou hoender was nie.