Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

50 g botter

4 uie, gekap

15 ml (1 e) donkerbruinsuiker

4 takkies tiemie

3 lourierblare

125 ml (½ k) sider

750 ml (3 k) groenteaftreksel

brood, in dik snye gesny

botter vir smeer

1 Smelt die botter in ’n kastrol oor lae hitte. Voeg die uie, suiker en tiemie by en braai 10 minute of tot klewerig terwyl jy roer.

2 Voeg die lourierblare en sider by en laat prut tot verminder. Giet die aftreksel by en laat prut 25-30 minute oor lae hitte.

3 Voorverhit die oondrooster op hoog.

4 Smeer die snye brood weerskante met die botter en rangskik op ’n bakplaat. Rooster in die oond tot weerskante bruin. Skeur in stukke en sit op die uiesop voor.

- Hope Malau