Genoeg vir 4 mense as peuselhappie

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

BESLAG

250 ml (1 k) koekmeel

15 ml (1 e) mielieblom

knippie sout

1 eier

250 ml (1 k) sodawater

GROENTE

groenbone, babawortels, langsteel-broccoli, jong worteltjies, uiewiggies

DOOPSOUS

125 ml (½ k) sojasous

handvol gekapte koljanderblare

2 cm-stuk gemmerwortel, gerasper

suurlemoenskyfies

BESLAG

Meng al die bestanddele deeglik en laat staan 10 minute.

Verhit genoeg olie vir diepbraai in ’n kastrolletjie.

Doop die groente in die beslag en laat dit goed afdrup

Braai 'n paar groentes op 'n slag in die olie tot waar die beslag bros en gaar

GROENTE

Doop die groente in die beslag en laat goed afdrup.

Dompel ’n paar per keer in die olie en braai tot die deeg bros en gaar is.

DOOPSOUS

Meng al die bestanddele en sit voor saam met die tempura-groente.