GENOEG VIR 6 MENSE

Weektyd: 8 uur of oornag

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur 10 minute

500 ml (2 k) stampmielies-en-boontjies

5 ml (1 t) vinkelsade

5 ml (1 t) komynsade

2 ml (½ t) koljandersade

4 heel kardemompeule

olie

1 ui, gekap

4 knoffelhuisie, gekap

1 rooi, 1 geel en 1 groen soetrissie, gekap

200 g sampioene, gekap

1 rooi rissie, gekap

400 ml (1 blikkie) klappermelk

hand vol vars pietersielie

1      Bedek die stampmielies-en-boontjies met water en laat 8 uur lank of oornag week.

2      Dreineer, skep oor in ’n pot en bedek met water. Bring tot kookpunt en laat dan 1-1½ uur oor matige hitte prut tot die water geabsorbeer en die stampmielies-en-boontjies sag maar nie pap is nie.

3      Rooster die vinkel- en kardamomsade in ’n droë pan tot geurig. Maal in ’n pepermeul of met ’n stamper en vysel.

4      Verhit ’n bietjie olie in ’n aparte pot en braai die ui, knoffel, soetrissies, sampioene en rissie oor matige hitte. Voeg die gemaalde speserye en klappermelk by en laat vyf minute prut.

5      Roer die mengsel by die stampmielies-en-boontjies, strooi die pietersielie oor en sit voor.

- Hope Malau