Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min.

2 dik snye brood

100 g spekvleis, gekap

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

2 takkies tiemie

60 ml (¼ k) hoenderaftreksel

30 ml (2 e) olyfolie

500 g spruitkool

sout en peper

’n hand vol pecorinokaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Skeur die brood in stukke. Braai die spekvleis in ’n pan oor matige hitte tot bros. Voeg die ui, knoffel en tiemie by en braai 1 min. Giet die aftreksel in. Voeg die brood by en bedek met die mengsel. Sit eenkant.
  2. Gooi die olie in ’n pan en braai die spruitkool oor matige hitte tot effens verbruin.
  3. Meng die spruitkool in ’n oondvaste bak met die broodmengsel. Geur met die sout en peper, strooi die kaas oor en bak 15 min. of tot die spruitkool sag is.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander