Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

PATATS EN SOUS

6-8 rooi of oranje patats, geskil

60 ml (¼ k) sonneblomolie

1 rooi-ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

5 ml (1 t) komynsaad

5 ml (1 t) mosterdsaad

60 ml (¼ k) lemmetjiesap

30 ml (2 e) sesamolie

15 ml (1 e) vissous

60 ml (¼ k) heuning

OM VOOR TE SIT

1 komkommer

125 ml (½ k) Griekse jogurt

geroosterde sesamsaad

granaatpitte (opsioneel)

  1. PATATS EN SOUS Prik die patats en plaas dit in ’n mengbak. Meng al die bestanddele vir die sous en giet dit oor. Mikrogolf 15-20 minute tot net sag en gaar.
  2. OM VOOR TE SIT Rasper die komkommer, dreineer dit goed en meng dit met die jogurt. Skep oor die patats en sprinkel die sade en granaatpitte (indien verkies) oor.

WENK

Rond die gereg met vars koljanderblare af.