Lewer 1 tert van 20 x 30 cm

Bereiding: 20 minute

Baktyd: 35 minute altesaam

2 rooi soetrissies, ontpit en in

repies gesny

60 ml (¼ k) olyfolie

350 g gekoopte skilferkorsdeeg

meel vir strooi

250 g ricottakaas

2 ryp tamaties, in dun skyfies gesny

15 ml (1 e) vars tiemieblare

15 ml (1 e) grasuie of basilie,

gekap

50 g parmesaankaas, gerasper

sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n tertbak van 20 x 30 cm.

  1. Pak die soetrissierepies op ’n bakplaat, bedruip met die helfte van die olyfolie en rooster 12-15 minute onder die element tot sag.
  2. Rol die deeg op ’n meel bestrooide oppervlak uit en voer die tertbak daarmee uit. (Jy kan dit ook net in ’n reghoek
  3. sny.) Prik die basis.
  4. Verroom die ricotta tot sag en skep op die deeg. Pak die rissies, tamaties en kruie bo-op en bedruip met die orige olyfolie. Rond af met die parmesaan en geur na smaak.
  5. Bak 20 minute tot goudbruin.

Sit dadelik voor.