Lewer: 6

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

500 g soetpatat, in blokkies gesny

500 g botterskorsie, in blokkies gesny

6 huisies knoffel, fyngedruk

1 rooirissie

45 ml (3 T) olie

6 lemoenpampoentjies

Handvol grasuie, gekap

1.    Voorverhit die oond tot 200°C. Plaas soetpatat en botterskorsies in ’n pan saam met die knoffel, rissie en olie. Smeer die mengsel oor die groente dit tot goed bedek is met die olie.

2.    Rooster vir 30 minute in die oond, of tot die groente sag is. Druk alles saam fyn.

3.    Sny die botterskorsies in die helfte en plaas in ’n kastrol met die skil na onder. Bedek die bodem met water en kook met die deksel op vir 15 minute of tot sag. Skep die soetpatatmengsel in die lemoenpampoentjies of druk dit daaroor uit deur ’n buis. Strooi die grasui bo-oor.