Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20-30 minute

Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

250 ml (1 k) suiker

125 g botter

6 ekstragroot eiers

250 ml (1 k) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

2 ml (½ t) sout

2 blikke (410 g elk) geroomde soetmielies

Melk

Verhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-bak (of 6-8 klein bakkies) met botter of kossproei.

Room die suiker en botter saam met ’n elektriese klitser. Klits sowat 5 minute.

Klits die eiers een vir een by die mengsel in.

Sif die meel, bakpoeier en sout oor die nat mengsel en meng goed.

Voeg die soetmielies by. Vul een van die leë blikke met melk en meng dit by die soetmieliemengsel in.

Giet in die voorbereide oondbak. Bak 1 uur in die voorverhitte oond tot stewig.