1 blik (410 g) geroomde soetmielies

250 ml (1 k) bruismeel

2 eiers

knippie sout

30 ml (2 e) olie

250 g babatamaties

250 g gegeurde roomkaas

babaspinasieblare

  1. Meng die soetmielies, meel, eiers en sout.
  2. Verhit die olie en drup lepels vol van die mengsel in die olie. Braai tot goudbruin aan albei kante en dreineer op kombuispapier.
  3. Braai die tamaties in die olie tot gebars en hou eenkant.
  4. Smeer elke poffer met die roomkaas en pak die spinasie en tamaties op.