Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 6 min.

6 portabellosampioene

60 ml (¼ k) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

VULSEL

50 ml botter

3 knoffelhuisies, gekap

800 g garnale, sonder dop

30 ml (2 e) soetrissiesous

30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap

10 ml (2 t) suurlemoenpeper

VIR VOORSIT

60 ml (¼ k) suurroom

30 ml (2 e) mayonnaise

  1. Verf die sampioene buite en binne met die olyfolie, geur met die sout en vars gemaalde peper en braai oor matige kole tot sag en gaar, maar nie pap nie.
  2. Vulsel Smelt die botter en braai die knoffel en garnale 2 min. of tot net gaar. Voeg die soetrissiesous, pietersielie en suurlemoenpeper by en roerbraai 1 min.
  3. Vir voorsit Meng die suurroom en mayonnaise goed en hou eenkant.
  4. Sodra die sampioene gaar is, skep van die vulsel in en ’n skeppie roommengsel bo-op. Sit voor met gebraaide vis, vleis of slaai.