LEWER 1 TERT VAN 24 CM

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 40 minute

250 ml (1 k) melk

30 ml (2 e) botter

2 snye witbrood, korsies verwyder

sout en peper na smaak

150 g cheddarkaas of 100 g parmesaankaas, gerasper

500 ml (2 k) geroosterde groente of enige oorskietgroente

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak van 24 cm.

  1. Verhit die melk en botter en giet oor die brood. Geur met sout en peper.
  2. Meng goed en voeg die res van die bestanddele by.
  3. Meng en skep in die gesmeerde oondbak. Bak 35-40 minute tot gestol.
  4. Sit warm of koud voor.