Genoeg vir 4-6 mense 

30 ml olyfolie

1 ui, grof gekap

150 g spek, in blokkies gesny

700 g broccoli- en koolblomme

750 ml hoender- of groenteaftreksel

sout en vars gemaalde swartpeper

knippie fyn neut

250 ml room

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die ui en spek tot geurig.

Roer die broccoli- en koolblomme by die spekmengsel en braai 3-5 minute oor hoë hitte.

Verhit die aftreksel en giet dit by die groente. Bring tot kookpunt en geur na smaak met sout, peper en neut.

Gebruik ’n stokmenger of gewone voedselverwerker en pols die sop tot glad.

Bring weer tot kookpunt, roer die room by en laat ’n paar minute prut.

Skep die sop in warm bakkies en sit voor saam met brood.