KOS

Radyse se bekoring lê in hul krakerige en pragtige dieppink buitekant en wit kern. Dit het ’n effense byt en is heerlik rou. Jy kan dit in toebroodjies, slaai of sop gebruik.

  • In slaai

Lekker in koolslaai en die smaak pas uitstekend by die ander rou bestanddele. Meng in ’n bak gesnipperde radyse, groen-ui, kool en wortels. Vir ’n heerlike slaaisous, meng karringmelk en lemmetjiesap en gooi bo-oor.

  • As ’n piekel

Met hul krakerige tekstuur is radyse ideaal vir ’n piekel of atjar, veral saam met olie en asyn. Gebruik ¼ koppie (60 ml) witasyn, ¼ koppie (60 ml) suurlemoensap, 2 eetlepels strooisuiker, 500 g radyse met die steel afgesny, in dun skyfies gesny en gemeng. Hou in die koelkas en sit voor soos nodig.

  • In pasta

Braai botter en knoffel saam in ’n pan en roer halwe radyse by. Wanneer deeglik vermeng, voeg by gaar gnocchi, geblansjeerde favabone en ertjies, spinasie en bababasilieblare. Dis ’n vinnige en heerlike maaltyd.