POFFERS

500 g pampoen, gekook

250 ml (1 k) ricotta

1 eier

125 ml (½ k) meel

2 ml (½ t) sout

olie

ROERBRAAI

15 ml (1 e) olie

250 g groenboontjies

500 ml (2 k) spinasie

15 ml (1 e) suurlemoensap

sout en peper

POFFERS Maak die pampoen fyn. Roer die ricotta, eier, meel en sout by. Verhit die olie, drup lepels vol van die mengsel in ’n pan, braai 2 minute, draai om en braai. Dreineer op kombuispapier.

ROERBRAAI Verhit die olie, roerbraai die boontjies, voeg die spinasie by, roerbraai, geur met die sap, sout en peper en sit alles saam voor.