10 aartappels, geskil en in kwarte gesny fyn sout

125 ml (½ k) sonneblomolie

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Plaas die aartappels in koue soutwater. Bring tot kookpunt en kook tot amper sag, sowat 15 minute.
  2. Laat die aartappels in ’n vergiettes droog word. Skud die vergiettes. Trek met ’n vurk strepe oor die aartappels.
  3. Giet die olie in ’n oondpan en maak goed warm. Pak die aartappels in ’n enkellaag in die warm olie, besprinkel met fyn sout en oondbraai 30-40 minute.
  4. Draai die aartappels elke 10 minute op ’n ander sy tot dit oraloor bruin is.