Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

60 ml (¼ k) botter

5 rape, geskil en in dun skywe gesny

5 knoffelhuisies, fyngedruk

5 ml (1 t) vars tiemie

sout en peper

2 aartappels, geskil en in skywe gesny

2 pere, geskil en in skywe gesny

1 Verhit die oond tot 180 °C.

2 Smelt ’n bietjie van die botter in ’n kleefwerende pan met ’n oondvaste handvatsel en draai dit om die bodem en kante te bedek. Verwyder van die hitte.

3 Rangskik die helfte van die raapskywe in oorvleuelende sirkels om die bodem van die pan te bedek. Druk plat. Besprinkel met die helfte van die knoffel en tiemie, geur met die sout en peper en stippel met die botter.

4 Rangskik die aartappelskywe in stywe, oorvleuelende sirkels oor die rape en druk af. Bestrooi met die orige knoffel en tiemie, geur met die sout en peper en stippel met die botter. Bedek met die peerskywe en stippel met die botter.

5 Smeer foelie aan die een kant en bedek die pan met die foelie met die gesmeerde kant na onder. Plaas in die oond en bak ’n uur of tot die groente gaar is terwyl jy af en toe die bokant afdruk.

6 Haal die pan uit die oond en laat staan ’n kwartier op ’n draadrak voor jy dit voorsit.

- Hope Malau