Vries hierdie tert gerus – dit vries baie goed.

Maak 1 middelslag-tert

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 35-40 minute

125 g sagte botter

200 ml suiker

3 eiers

5 ml (1 t) vanieljegeursel

750 ml (3 k) boerpampoen,

geskil en grof gerasper

250 ml (1 k) koekmeel

15 ml (1 e) bakpoeier 2 ml (. t) sout kaneelsuiker vir oorsprinkel Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n 25 cm-tertbord met botter.

  1. Room die botter en suiker en voeg die eiers een vir een by. Klits tot goed gemeng.
  2. Voeg die vanieljegeursel en pampoen by en meng goed.
  3. Sif al die droë bestanddele behalwe die kaneelsuiker saam en vou by die pampoenmengsel in.
  4. Giet in die tertbord en bak 35-40 min of tot gaar.
  5. Sprinkel die kaneelsuiker oor en sit voor as bykos.

Wenk

Maak ’n neutstrooisel: Meng 15 ml (1 e) botter en roerbraai 60 ml (¼ k) elk amandelvlokkies en gekapte pekanneute 1-2 minute. Voeg 30 ml (2 e) pampoensade by. Besprinkel met 30 ml (2 e) bruinsuiker en roerbraai tot dit effens gekaramelliseer het. Sprinkel oor die gaar pampoentert.