Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 45 min.

15 ml (1 e) olie

1 rooi-ui, gekap

10 ml (2 t) gerasperde vars gemmer

1 brandrissie, gekap

5 ml (1 t) rooikerriepasta

1,5 kg pampoen, geskil en in blokkies gesny

750 ml (3 k) water

1 x 400 g-blik ligte klappermelk

sout en peper

MIELIEPOFFERS

250 g plaatkoekiemengsel

1 x 410 g-pitmielies, gedreineer

olie, vir diepvetbraai

  1. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui, gemmer en rissie tot geurig. Voeg die kerriepasta by en roerbraai.
  2. Plaas die pampoen by die ui, meng deur, voeg die water by en laat prut tot die pampoen heeltemal sag is.
  3. Haal die kastrol van die hitte af. Verpulp die sop. Sit terug op die stoof; voeg die klappermelk by. Geur met die sout en peper. Laat 5 min. prut; haal van die hitte af. Hou eenkant.
  4. Mieliepoffers Maak die plaatkoekies aan volgens die aanwysings op die pakkie en roer die pitmielies deur.
  5. Verhit die olie in ’n kastrol. Braai eetlepels vol van die mengsel hierin.
  6. Sit die sop voor met geroosterde pampoenblokkies, pampoenpitte en die poffers.