SPESERYMENGSEL

5 ml paprika

2 ml fyn gemmer

2 ml fyn koljander

2 ml vars gemaalde swartpeper

1 ml fyn kardamom

1 ml fyn kaneel

1 ml fyn wonderpeper

5 ml sout

sap van 1 suurlemoen

30 ml olyfolie

GROENTE

2 groot geelwortels, soos murgpampoentjies gesny

2 witwortels of patats, in stukke gesny

3 middelslag-uie, in wiggies gesny

180 ml groenteaftreksel

1 geel soetrissie, in repe gesny

1 groen soetrissie, in repe gesny

2 jong eiervrugte, in ringe gesny

4 jong murgpampoentjies, in die lengte gehalveer en weer gehalveer

½ botterskorsie, in dik vingers gesny

250 g portobellini-sampioene, afgevee

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Meng al die speserymengsel se bestanddele om ’n pasta te vorm.

Smeer die pasta oor al die groente.

Rangskik die geelwortels, witwortels en uie in ’n oondpan.

Giet die groenteaftreksel oor en bak 15 minute – roer af en toe.

Voeg die soetrissies, eiervrugte, murgpampoentjies, botterskorsie en sampioene by en bak nog 20 minute of tot al die groente net gaar is.

VARIASIE 

Jy kan die groente ook in ’n pan rooster.

Sny groente wat vinnig gaar word (soos soetrissies, sampioene, sierpampoentjies, sneeuertjies en kersietamaties) in ewe groot stukke.

Meng dit saam in ’n bak.

Meng 50 ml olyfolie, 20 ml wit balsamiese asyn of suurlemoensap, 15 geskeurde basiliekruidblare en 2 fyngekapte knoffelhuisies saam en sprinkel oor die groente.

Verhit ’n groot swaarboompan oor hoë hitte en braai die groente in hoeveelhede tot bruin en net gaar.

Hou die groente wat reeds gebraai is op ’n warm plek tot al die groente klaar gebraai is.

WENK: Oondgeroosterde groente is lekker vars, bros en propvol geur, want dit word nie in water gaargemaak nie. Waak net daarteen om te veel olie by te meng. Die groente kry ’n geurige speserymengsel oor.