Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

1 blik (400 g) gekapte Italiaanse tamaties

500 ml (2 k) water

250 ml (1 k) groenteaftreksel

1 geel soetrissie, gekap

10 ml (2 t) droë basilie

250 ml (1 k) macaroni

80 ml (? k) ertjies

1 blik (400 g) keker-ertjies

2 hande vol babaspinasie

  1. Bring die tamaties, water, aftreksel, geelsoetrissie, basilie en pasta in ’n pot oor matige hitte tot kookpunt. Verminder die hitte, bedek en laat 10 minute prut.
  2. Roer die ertjies, keker-ertjies en spinasie in en laat prut tot die ertjies gaar is.
  3. Giet in sopbakke en sit voor saam met korserige brood.