Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

8 suikermielies

60 ml (¼ k) botter, gesmelt

sout en peper

45 ml (3 e) mayonnaise

5 ml (1 t) brandrissiepoeier

60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas

2 sprietuie, gekap

1.    Voorverhit die oondrooster.

2.    Verhit water in ’n groot pot oor matige hitte. Voeg die mielies by en kook 30 minute.

3.    Skep uit in ’n bord, verf met die botter, geur met die sout en peper en rooster tot swart.

4.    Smeer met die mayonnaise en bestrooi met die brandrissiepoeier en parmesaankaas. Garneer met die sprietuie en sit voor.

- Hope Malau